Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT
"Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT [boodskap #10277] Vr, 08 Augustus 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
KOM GEE VIR MY POLFYNTJIE
C.L.Leipoldt

Kom gee vir my polfyntjie,
Dit maak nie saak nie wat,
Die kleinste, nietigste lyntjie
Waardeer ek as 'n skat.
Koop waar jy wil, by smouse,
Penswinkeltjies, net wat
Jy kry in Krismiskouse -
Dit bly vir my 'n skat.

Net iets wat jy as joue
Betrag het, gee my dit -
Ek neem dit aan as goue
Gesteente tot besit.
En as jy eenmaal sterwe,
Dan pryk dit nog by my,
Gegee meer as geërwe,
As liefdeblyk gekry.
Vorige onderwerp: 'n Gedig van JOAN HAMBIDGE
Volgende onderwerp: "Nota Bene" deur STEPHAN BOUWER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 19:11:05 MGT 2024